Houtslang (astrologie)

乙巳

Die Houtslang (乙巳, yǐsì) is die 42ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, ; die element Hout en Jin) met die sesde Aardtak (巳, ), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtslangjaar het in 1965 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 2 Februarie 1965 tot 20 Januarie 1966.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search